top of page

Biografie

Estelle Cilliers (gebore Vorster) is gebore op 21 Augustus 1976 in Springs aan die Oosrand van Johannesburg. Sy is getroud op 14 September 1996 met Peet Cilliers en hulle is woonagtig in Alberton, Johannesburg.

 

Estelle is deel van ‘n famielie van 8 kinders.  Haar passie vir sing was reeds sigbaar op ‘n jong ouderdom, en het sy haar behoorlik ingeleef in elke liedjie wat sy as koorlid van haar Laerskool en Hoërskool gesing het.  Al was sing ‘n manier waarop sy uiting gegee het aan haar gevoelens, het sy nooit besef dat dit God se plan en roeping vir haar lewe is nie.

 

Eers in haar matriek jaar het sy besef dat sy graag eendag wil sing.  Sy het besef dat haar stem ‘n talent is wat sy van God ontvang het dat sy dit wil gebruik om God te eer en mense na Hom toe te lei.

 

Sy het haar hart vir Jesus gegee op 14 jarige  ouderdom.

 

Estelle was deel van die voorsang span van die gemeente waar hulle aanbid het en het sodoende elke dag meer en meer besef sy wil graag eendag sing.

 

Estelle het reeds met die seer kant van die lewe te doen gekry op ‘n jong ouderom. Maar, die Here het haar laat besef Hy is in beheer van haar lewe. Vandag kan sy terugstaan en sê dat elke seer in haar lewe haar ‘n les geleer het en dat sy vandag mense kan bedien, uit die ervaring en seer wat sy al gehad het in die lewe.   

 

Na skool het sy by ‘n kettingwinkel geegin werk as administratiewe klerk en haarself opgebou tot Winkelbestuurderes.  Na haar troue het sy en haar man het hulle in Alberton gevestig en alhoewel sy agter ‘n lessenaar gewerk het, het haar droom om eendag te sing net groter en groter geword.

 

In 2004 het sy haar eerste liedjie geskryf, getieteld, “Ek het gely vir jou”. Sedertien het daar al 18 Heilige Gees geinspireerde geestelike liedjies uit haar pen gevloei.

 

Dit het egter sestjien jaar geneem vir Estelle om met haar sang bediening begin.  Sy in 2008 besef sy wil mense van God vertel en sonder twyfel geweet dat sy dit deur haar sang en musiek wil doen. Dit is waarvoor sy haar God gegewe talent wil gebruik, om mense van God te vertel en hulle nader aan God te bring.

 

Sy het in Desember 2012 in die geloof, ‘n produksie maatskappy genader wat haar eerste CD gaan maak en vertrou sy volkome op God dat Hy vir haar sal voorsien vir die fondse wat sy benodig vir die maak van haar eerste CD.


Die Here het haar geseën met ‘n besonderse talent om geestelike musiek en liriek te skryf, en sy kan nie wag om dit met die res van die wêreld te deel nie. 

 

Estelle laat toe dat die Here haar gebruik as ‘n instrument in Sy hande en bedien interkerklik. Vir haar gaan dit om die evangelie na mense oor te dra en vir soveel moontlik mense te vertel van Jesus en die verlossing wat Hy vir ons bewerkstellig het aan die Kruis.

 

Indien enige persoon finansieel in haar bediening wil belê kan julle gerus met haar in verbinding tree.

 

Haar bediening is:

Jesaja 6:8 "Daarop hoor ek die stem van die Here wat sê: Wie sal Ek stuur? En wie sal vir ons gaan? Toe antwoord ek: Hier is ek, stuur my."

 

  • Wix Facebook page
bottom of page